Piktogram

Piktogramme wat deur die VSA se Nasionale Parkeraad gebruik word.

'n Piktogram[1] is 'n klein prentjie wat gebruik word om iets aan te dui ('n tipe beeldskrif). Piktogramme word algemeen gebruik, omdat hulle deur alle mense (ongeag van die taal wat hulle gebruik) verstaan word, selfs deur diegene wat nie kan lees of praat nie. Die woord piktogram is uit Latyns afgelei: pictus, geskilder en gramma, letter.

Piktogramme word dikwels gebruik om belangrik inligting vinnig oor te dra. Om 'n prentjie te sien is vinniger as om woorde te lees. As gevolg hiervan word piktogramme dikwels in noodsituasies gebruik, soos om 'n nooduitgang aan te dui.

Piktogramme kan algemeen langs paaie, op lughawens en treinstasies, asook op die verpakking van sekere produkte gesien word. Iemand wat piktogramme teken, word 'n piktograaf genoem.

  1. SDR trek 'n streep deur kales op strande[dooie skakel], Die Burger, 27 Februarie 1991

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search